TROTS AFRIKAANS 2 May 26, 2008
Posted by frostygirl in Tradition.trackback
Ek het ‘n paar Afrikaners ‘n bietjie ontstel omdat ek my vorige skrywe in Engels geskryf het, maar soos ek gesê het, ek wou dit graag so doen sodat my Engelse lesers dit ook kon verstaan.
Ek het vir ongeveer 20 jaar in Durban gewoon en was altyds trots op my Afrikaanse taal en mense en het dit soveel as moontlik daar gebruik tussen al die Engels sprekendes.
Ek het Vrystaat toe getrek vir persoonlike redes en dit was vir my ‘n groot skok om te hoor hoe ons Afrikaners nou vloek!
Ek woon in ‘n klein Afrikaner dorpie en orals waar ek gaan hoor ek net vuil taal, mans, vrouens en kinders gebruik die lelikste vloek woorde as of dit net gewone woorde is!
Wat vir my die ergste is, is dat daardie vuil monde ewe vroom in die kerk sit elke Sondag en gebruik word om vir God te bid en te vra vir Sy seëninge. Het hulle al agter gekom dat hulle nie Sy seëninge ontvang nie en gewonder hoekom nie? In Sy woord sê Hy: “Ef 4:29 Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.”
Al die jare wat ek in Durban gewoon het, het ek net hier en daar ‘n vloek word gehoor en dit was meestal gebruik deur mans wat getrek was.
Wat het gebeur met ons Afrikaner nasie? Waar is ons trots? Dit is nie hoe ons groot gemaak was nie!
Wie kan hierdie gebruik van vuil taal stop? As elke Afrikaner besluit dat hy/sy nie meer vuil taal sal gebruik nie dan sal dit stop!
Popularity: 90% [?]
(Sponsor Link: Rent on Golf Course)
Comments»
no comments yet - be the first?