DIE AFRIKANER VOLK VERBREEK HULLE GELOFTE VAN 16 DESEMBER 1838 AAN GOD 11/12/2009
Posted by frostygirl in Faith.Tags: bloedrivier, Gelofte, geloftedag, God, zulus
trackback
God gaan binnekort die Afrikaner Volk herinner aan die gelofte wat hul voorvaders met God gemaak het net voordat hulle teen ‘n magdom Zulu’s sou moes veg op Desember 1838. Die “Trekkers” het hulle onder leiding van Andries Pretorius en Sarel Cilliers met hierdie gelofte tot God verbind.
Die oorspronklike Gelofte afgelê, voor “EEN Heilige God” in Ou Nederlands, wat die taal van die Boere was. In 1838 was Afrikaans hulle tweede taal, maar hulle Bybels en gebede en moedertaal was Nederlands, van Friese oorsprong wat weer oorsprong van Oud Hebreeus, ook genoem Indo- Germaans.
DIE GELOFTE
Mijne broeders en medegenoten,
Hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van hemel en aarde om een belofte
aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met
ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal
geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag
en datum elke jaar als een verjaardag en een
dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal
doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer
stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat
wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij
met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook
voor onze opkomende geslachten, want de eer
van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden,
dat de roem en eer van overwinning aan Hem
sal worden gegeven. Amen.
God het vir hulle ‘n oorwinning teen die Zulu’s gegee en nie een van die Afrikaner Trekkers was gedood tydens die groot geveg nie, net Andries Pretorius was gewond.
Daar is twee gedeeltes van die Gelofte wat die Afrikaner Volk verbreek het.
Hulle het beloof om:
“dat wij die dag en datum elke jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal doorbrengen”
en
“dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten,”
Alhoewel party Afrikaners nog die Geloftedag vier, hou hulle nie ‘n “heilige Sabbatdag” nie. Die Bybel beskryf baie deeglik hoe ‘n Sabbatdag gehou moet word, maar as ‘n mens kyk hoe die mense die Geloftedag vier is daar baie min bewyse van wat God vereis.
Die tweede gedeelte wat nie onderhou was nie was die belofte dat hulle vir hul kinders en hulle “opkomende geslacten” sou sê van die Gelofte en die gebeurtenis op 16 Desember 1838 sodat hulle dit saam sal herdenk en vir God die eer sou gee.
Vir meeste van die Afrikaner volk is hierdie dag ‘n vakansie dag en nie ‘n “heilige Sabbatdag” nie. Dit sal interessant wees om deur ons mooi land te gaan en vir elke Afrikaner te vra wat die Gelofte is, waar die oorpsrong was, waarom ons dit nog moet vier en of hulle dit as ‘n “heilige Sabbat dag hou en te hoor wat die antwoorde daarop is.
God is baie lief vir die Afrikaner Volk omdat ons nog een van die min nasies is wat nog so ‘n klein bietjie wys dat ons vir God vrees en omgee wat Hy dink en voel.
Soos ons almal weet het God net ‘n klein bietjie van enige iets nodig om weer baie daarvan te maak (die twee vissies en vyf brode wat ‘n menigte gevoed het). Daarom gaan God weer vir ons Afrikaner Volk wys om Hom te vrees en wanneer dit gebeur sal baie Afrikaner harte weer terug draai na hul Vader en weer Sy weë volg soos ons voorvaders dit gedoen het.
Kyk net hoe na aan God het die Afrikaners gelewe tydens Siener Van Rensburg se leeftyd,, hulle het geluister wat God vir hulle deur Sy “boere profeet” gesê het en terwyl hulle dit gedoen het, het dit goed gegaan met hulle.
Hoe lewe die Afrikaner nou? Baie van hulle vloek soos ‘n matroos,baie se woord is nie meer hul eer nie, baie van hulle se familie is nie meer belangrik vir hulle nie, hulle lewe nie volgens God se wense nie, ens.
Dit het tyd geword dat die Afrikaner Volk hul harte deeglik ondersoek en terug keer na God toe.


Ban barely read this, and I am Dutch.)
Hi Hans, Yes it is the very old Dutch language that was spoken by our forefathers who came from Holland and as you can see our Afrikaans language has developed from there into what it is today. Afrikaans speaking peope can understand your modern Dutch language quite well when we hear the spoken version of it. Of course there is a lot of the Flemish influence as well.
Die gelofte was NIE om die dag te herdenk nie. Hier is die gelofte soos genotuleer in die amptelike joernaal van “de uitgewekene Boeren” die oggend toe dit afgelê is.
“Sondagoggend voor die aanvang van die godsdiens het die Hoofkomman¬dant diegene wat die godsdiens sou waarneem bymekaar laat kom en hulle versoek om met die gemeentes te praat dat hulle almal volywerig in gees en in waarheid tot God mag bid om Sy hulp en bystand in die slag teen die vy¬and en dat hy aan die Almagtige`n gelofte wou doen indien almal inwillig om, sou die Here ons die oorwinning gee, `n Huis ter nagedagtenis van Sy groot Naam te stig waar dit Hom sal behaag en dat hulle ook moes smeek om die hulp en bystand van God om hierdie gelofte verseker te kan volbring”
Die woorde “stichten” wat hulle gebruik het beteken in die eerste instansie volgens Van Dale “om ‘n ryk te vestig”.
Die gelofte was ‘n aanbod van kontrak – niks meer as dit nie. As die kontrak nie deur die aangebodene aanvaar is nie was dit nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.
Die aangebodene was die lewende God van Abraham, Isak en Jajob, JHWH van die leërskare.
Die gelofte is die oggend van die 9de Desember 1838 deur drie voorgangers, Cilliers, Landman en Joubert, tydens drie afsonderlike dienste in die laer verwoord. Wat Cilliers 30 jaar later ook in sy herinneringe te sê maf gehad het, is daar geen aanduiding in die notulering van die diens wat hy gelei het dat hy van Pretoius se voorstel afgewyk het nie.
Doen uself ‘n guns en verwyder die leuen van u blad en vervang dit met die waarheid.
Die amptelike joernaal is in ‘n geredigeerde weergawe op 14 Junie 1839 in “De Zuid-Afrikaan” te Kaapstad in opdrag van die Raad van die Volk gepubliseer. Rapport se kwotasie om vandag so ‘n publikasie te doen was in 2008 R420,000.
Schalk W Jacobsz
Schalk, Dankie vir jou kommentaar, ek stem nie saam nie maar almal is geregtig op hulle opinie en omdat ek glo aan die Gelofte wat my voorvaders gemaak het met God sal ek nie my storie hier verwyder nie.
jy weetduidelik nie presies waaroor dit gaan nie en wie die Afrikanervolk is nie… Wanneer laas was jy die 16de Desember op bloedrivier? Gaan kyk bietjie hoeveel Afrikaner boere mense ouers en kinders daar teenwoordig is voordat jy staan en se ons verbreek ons gelofte aan God!
Hi Leon dankie vir jou bydrae. Wat sou jy se is die persentasie Afrikaners wat die Gelofte hou en dit eerbiedig as n heilige Sabbat dag? Dit is goed dat soveel mense dit wel doen en God sal hulle seen, maar die meerderheid doen dit nie!