jump to navigation

HOE MOET ONS DIE SABBATDAG HOU? June 26, 2010

Posted by frostygirl in : Faith , trackback

Hierdie vraag het ‘n Afrikaaner op die Internet gevra en ek was bly om te sien dat daar Afrikaaners is wat nou begin om na die waarheid te soek want hulle kry nie die waarheid in hulle kerke nie.

As julle REG wil lewe, volg dan wat GOD vir julle sê om te doen, nie wat “mense” vir julle sê nie.

Ons almal weet dat die HERE die Sabbatdag ingestel het vir die mens en as ons na die volgende verse kyk is dit baie duidelik wat van ons verwag word:

Exo 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

Exo 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

Exo 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie–jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

Exo 20:11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.

Kyk baie mooi na die woorde wat onderstreep is: “gedenk,” “heilig,” “sewende dag,” “gerus,” “geseën” en “geheilig”.

Die HERE wil hê dat ons ELKE Sabbetdag gedenk, heilig hou, op die sewende dag, ons moet rus (geen werk doen nie en geen geld spandeer nie) en as ons dit doen sal Hy al ons Sabbatdae seën en heilig. (Natuurlik is dit van toepassing op almal wat by julle bly in julle tuiste.)

Maar die baie belangrike ding wat die godsdienste van hierdie wêreld verkeerd het is die feite dat hulle toegelaat het dat die duiwel hulle bedrieg en  daarom gedenk hulle die Sabbat op die verkeerde dag en omdat hulle dit doen sal God nie “hulle” sabbatdag heilig nie.

Lees bietjie hierdie verse:

Heb 4:3 Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie–alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.

Heb 4:4 Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus;

Heb 4:5 en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.

Heb 4:6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,

Heb 4:7 bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.

Heb 4:8 Want as Josua (Christus) aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie.

Heb 4:9 Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God;

Heb 4:10 want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

Heb 4:11 Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.

Elke persoon wat in die God van Abraham, Isak en Jakob en in Sy Seun Christus, glo sal dus die sewende dag van God gedenk as die Sabbatdag! En watter dag is dit? Saterdag!

Lees hierdie verse:

Mat 28:1 En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.

Soos ons almal weet is die eerste dag van die week nog altyd Sondag gewees, dit is net nou onlangs dat die mens die almanak verander het sodat Maandag gewys word as die eerste dag van die week. Gaan terug na ‘n ou almanak en julle sal onthou dat Sondag altyd gewys was as die eerste dag van die week.

Nou waarom moet ons as Afrikaaners dan die Joodse Sabbatdag volg? Omdat ons in hulle ingeënt is deur ons geloof in Christus en dat Hy vir ons sondes gesterf het.

Die enigste verskil is as ons harte reg is teenoor die HERE is dit nie nodig om al die reëls na te kom wat die Fariseërs op die Jode se skouers gelê het nie.

Lees die volgende verse en wees geseënd om julle self te sien in die skrifte wat soveel jare terug geskryf is en vir ons as “uitlanders” ‘n belofte gee dat ons die HERE se geliefdes sal wees as ons Sy Sabbatdag heilig!

Isa 56:1 So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.Isa 56:2 Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.Isa 56:3 En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is ‘n droë boom nie.Isa 56:4 Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:Isa 56:5 Ek sal aan hulle in my huis en binnekant my mure ‘n gedenkteken en ‘n naam gee wat beter is as seuns en dogters; ‘n ewige naam gee Ek aan hulle, wat nie uitgeroei sal word nie.Isa 56:6 En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees–elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond, Isa 56:7 hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in my huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want my huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.Isa 56:8 Die Here HERE wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.Isa 56:9 Al julle wilde diere van die veld, kom eet! Al julle wilde diere in die bos!Isa 56:10 Hulle wagte is almal blind, hulle merk niks nie; hulle is almal stom honde wat nie kan blaf nie; wat dromerig lê, lief is om te sluimer.Isa 56:11 En die honde is gulsig, hulle ken geen versadiging nie; en herders is hulle wat nie weet om op te merk nie; almal loop hulle eie pad, elkeen na sy onregverdige wins, almal saam.Isa 56:12 Kom, sê hulle, laat ek wyn gaan haal, en laat ons sterk drank drink, en die dag van môre sal wees soos vandag, buitengewoon groot!

Van vers 9 tot 12 praat die HERE van die priesters in kerklikheid wat blind is en nie kan sien dat hulle bedrieg word nie, moenie hulle in die verderf in volg nie!

Maak jou oë nou oop en volg GOD  se woord!

Comments»

# fairfieldhotelohi - 30/06/2010

I’m also a travelers and I like to collect a souvenir in different countries..I’ll love shopping when I’m on vacation..Thanks for sharing this post!

# Gerhard Ebersöhn - 24/07/2010

Die groot vraag is nie “HOE” ons die Sabbatdag moet hou nie, maar, HOEKOM? Ons moet die Sabbatdag hou, die Bybel se, “die Sewende Dag Sabbat van die HERE God”. Die vraag kan nooit wees ‘WATTER dag’ die Sabbat is nie.

Maar HOEKOM?

# Gerhard Ebersöhn - 26/12/2010

Die vraag is nie HOE ons die Sabbat moet glo en gedenk nie; maar WAAROM?!

Die vraag is ook nie watter dag ons die Sabbat moet gedenk en vier nie; maar OP GROND WAARVAN?!

Hoekom moet ons die Sabbatdag hou?

ANDERS AS DIE JODE: OMDAT …

…omdat God sy rus ingegaan het toe Hy Jesus uit die dode opgewek het; en omdat Hy Jesus “OP DIE SABBATDAG” uit die dode opgewek het.

Dit is wat Matteus 28:1 verklaar.
Moenie dink jy gaan dit in jou Afrikaanse Bybel lees nie, want dié, is maar eers in die 20ste eeu vertaal NET SOOS DIE VERTALERS DIT WOU VERTAAL; en dis hoekom Matteus 28:1 in jou Afrikaanse Bybel lees dat Jesus “NA die Sabbat” opgestaan het.

Hulle het julle almal VERNEUK met boere-verneukery! Ek, Gerhard Ebersöhn, vertel julle Afrikaners. Ja!

Of ons as Christene die Eerste Dag van die week, Sondag, as aanbiddingsdag moet eerbiedig, IS nie eers ‘n vraag vir die Christen wat enigsins in die Bybel glo nie.

# Relax Max - 12/01/2011

happy New Year to you and yours. Be safe.

Trackbacks/Pingbacks

  • Tweets that mention HOE MOET ONS DIE SABBATDAG HOU? | Ocean Africa -- Topsy.com