DIE AFRIKANER VOLK VERBREEK HULLE GELOFTE VAN 16 DESEMBER 1838 AAN GOD 11/12/2009
Posted by frostygirl in Faith.Tags: bloedrivier, Gelofte, geloftedag, God, zulus
17 comments
God gaan binnekort die Afrikaner Volk herinner aan die gelofte wat hul voorvaders met God gemaak het net voordat hulle teen ‘n magdom Zulu’s sou moes veg op Desember 1838. Die “Trekkers” het hulle onder leiding van Andries Pretorius en Sarel Cilliers met hierdie gelofte tot God verbind.
Die oorspronklike Gelofte afgelê, voor “EEN Heilige God” in Ou Nederlands, wat die taal van die Boere was. In 1838 was Afrikaans hulle tweede taal, maar hulle Bybels en gebede en moedertaal was Nederlands, van Friese oorsprong wat weer oorsprong van Oud Hebreeus, ook genoem Indo- Germaans.
DIE GELOFTE
Mijne broeders en medegenoten,
Hier staan wij tans op een ogenblik voor een
heilige God van hemel en aarde om een belofte
aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met
ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal
geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag
en datum elke jaar als een verjaardag en een
dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal
doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer
stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat
wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij
met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook
voor onze opkomende geslachten, want de eer
van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden,
dat de roem en eer van overwinning aan Hem
sal worden gegeven. Amen.
God het vir hulle ‘n oorwinning teen die Zulu’s gegee en nie een van die Afrikaner Trekkers was gedood tydens die groot geveg nie, net Andries Pretorius was gewond.
Daar is twee gedeeltes van die Gelofte wat die Afrikaner Volk verbreek het.
Hulle het beloof om:
“dat wij die dag en datum elke jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal doorbrengen”
en
“dat wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten delen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten,”
Alhoewel party Afrikaners nog die Geloftedag vier, hou hulle nie ‘n “heilige Sabbatdag” nie. Die Bybel beskryf baie deeglik hoe ‘n Sabbatdag gehou moet word, maar as ‘n mens kyk hoe die mense die Geloftedag vier is daar baie min bewyse van wat God vereis.
Die tweede gedeelte wat nie onderhou was nie was die belofte dat hulle vir hul kinders en hulle “opkomende geslacten” sou sê van die Gelofte en die gebeurtenis op 16 Desember 1838 sodat hulle dit saam sal herdenk en vir God die eer sou gee.
Vir meeste van die Afrikaner volk is hierdie dag ‘n vakansie dag en nie ‘n “heilige Sabbatdag” nie. Dit sal interessant wees om deur ons mooi land te gaan en vir elke Afrikaner te vra wat die Gelofte is, waar die oorpsrong was, waarom ons dit nog moet vier en of hulle dit as ‘n “heilige Sabbat dag hou en te hoor wat die antwoorde daarop is.
God is baie lief vir die Afrikaner Volk omdat ons nog een van die min nasies is wat nog so ‘n klein bietjie wys dat ons vir God vrees en omgee wat Hy dink en voel.
Soos ons almal weet het God net ‘n klein bietjie van enige iets nodig om weer baie daarvan te maak (die twee vissies en vyf brode wat ‘n menigte gevoed het). Daarom gaan God weer vir ons Afrikaner Volk wys om Hom te vrees en wanneer dit gebeur sal baie Afrikaner harte weer terug draai na hul Vader en weer Sy weë volg soos ons voorvaders dit gedoen het.
Kyk net hoe na aan God het die Afrikaners gelewe tydens Siener Van Rensburg se leeftyd,, hulle het geluister wat God vir hulle deur Sy “boere profeet” gesê het en terwyl hulle dit gedoen het, het dit goed gegaan met hulle.
Hoe lewe die Afrikaner nou? Baie van hulle vloek soos ‘n matroos,baie se woord is nie meer hul eer nie, baie van hulle se familie is nie meer belangrik vir hulle nie, hulle lewe nie volgens God se wense nie, ens.
Dit het tyd geword dat die Afrikaner Volk hul harte deeglik ondersoek en terug keer na God toe.